As gevolg van die pandemie was Suikerbosrand Makelaars se 25ste jaarlikse gholfdag van 2020 uitgestel en het eers op 4 September die jaar plaasgevind.
Die gholfdag is ’n jaarlikse instelling ten bate van die Heidelberg Gholfklub.
Die twee wenners was Andre Grobbelaar jnr en Tanya Oosthuizen.
Johann en Annetjie Strauss van Suikerbosrand Makelaars het gesê hulle sien uit na die 26ste gholfdag wat op 4 Desember sal plaasvind.
