So, as you plan a romantic gesture for your significant other, keep sensitivity to money matters in mind.
Here are some thoughts on how to get on the same page as your partner when it comes to finances:
- Be sensitive
People’s relationships with money tend to be complicated and rooted, at least partially, in childhood. As such, it can be very easy to hit a nerve and end up making little progress in the discussion. With a little bit of patience and sensitivity, however, sharing your story and values about money with your partner can be extremely insightful.
Couples who are open to talking about their finances often find it easier to reach long-term goals, such as saving for a home or holiday. Your lifestyle aspirations and the dreams you have for your children and family can best be achieved when you are in agreement on where you are heading.
- Designate a CFO
It works for major corporations, and it can work for you. It isn’t a competition nor is it about trying to escape personal responsibility for your finances. Rather, by picking the person who is better with money to handle the relationship’s finances, you are putting yourself in the best possible position to achieve your goals. It is important to remember that there is a difference between controlling the money and managing the money. The CFO’s job is to manage the money, not control it by excluding his or her partner from decisions. It’s vital that both partners remain equally involved and informed.
While one partner can take on more of an advisory role, decisions need to be made jointly.
- Budget for a holiday together
Between the many family members, travel arrangements, food, presents and merriment, expenses can get out of control if you aren’t keeping careful track. Before going down that rabbit hole, sit down and discuss what you are willing to spend. Leave plenty of breathing space and remember that buying gifts and splurging on entertainment may bring temporary smiles but financial prudence will set you up for a prosperous future together, in the long term.
- Do not be afraid to seek help
In high-pressure situations like the pandemic, people often neglect their mental health. That can lead to an increase in undesirable behaviours as an escape mechanism. Just think of the relationship many people have with ‘retail therapy’. If left unchecked, these risky behaviours can continue in vicious, stress-building cycles. Often, we feel we need to hide the problem or deal with it alone – which may only make it worse, according to a clinical psychologist.
The pandemic has resulted in many people feeling that external factors have spun out of their control. This can predispose individuals to negative thoughts, which can bring on new or exacerbate existing mental conditions such as poor impulse control. People’s moods, thinking and behaviour can be impacted. South Africans should try to consult a mental health practitioner regularly for professional support, treatment and medication when needed.
- Accountability
If both individuals are able to take responsibility and acknowledge their individual traits that could contribute to the strain, it might be easier to find a common goal and ways to adapt and rebuild.
Ahead of any planned outing, be upfront about what each of you plans to spend money on and why. Agree on shared goals and a budget together and keep common milestones in mind. For example, if you are saving for a house, keep your ‘eyes on the prize’; agree to spend less on gifts and entertainment to save more for the future.
Apart from education, families and couples must be willing to take responsibility for the decisions they make and how these might affect those around them. By taking proactive steps to try to better yourself, be it financially or otherwise, you are helping provide a safety net for your loved ones.
*According to a recent survey of 1 200 South Africans as part of Sanlam’s Letters to My Pre-Covid-19 Self campaign, 55% of respondents admitted that financial worries have put a strain on their relationships since the start of the pandemic.
Sanlam is a Licensed Financial Services Provider.

Romantiese gebare hoef nie jou verhouding onder finansiële druk te plaas nie
So romanties soos Valentynsdag ook al mag wees, is die “maand van liefde” potensieel besaai met finansiële lokvalle wat ‘n negatiewe impak op verhoudings kan hê wanneer paartjies moontlike lewensmaat probeer beïndruk en die hof maak. Trouens, roekelose besteding in die naam van liefde kan die einde vir 55% van Suid-Afrikaners beteken wat erken het dat hul verhoudings sedert die aanvang van die pandemie onder druk is weens finansiële bekommernisse*.
As jy dus ‘n romantiese gebaar vir jou geliefde beplan, hou sensitiwiteit vir geldsake in gedagte.
Hier onder volg ‘n paar gedagtes oor hoe jy en jou lewensmaat dit eens kan wees wanneer dit by finansies kom:
- Wees sensitief
Mense se verhoudings met geld is geneig om ingewikkeld en, minstens gedeeltelik, in hul kinderjare gewortel te wees. As sodanig kan dit baie maklik wees om ‘n gevoelige snaar aan te roer en min vordering met die gesprek te maak. Met ‘n bietjie geduld en sensitiwiteit kan dit egter besonder insiggewend wees om jou storie en waardes ten opsigte van geld met jou lewensmaat te deel.
Vir paartjies wat openhartig oor hul finansies praat, is dit dikwels makliker om langtermyndoelwitte, soos spaar vir ‘n huis of ‘n vakansie, te bereik. Jul leefstylaspirasies en die drome wat julle vir jul kinders en familie het, kan die beste verwesenlik word wanneer julle dit eens is oor waarheen julle op pad is.
- Wys ‘n hoof finansiële beampte (HFB) aan
Dit werk vir groot maatskappye en dit kan vir julle werk. Dis nie ‘n kompetisie nie en dit gaan ook nie daaroor om persoonlike verantwoordelikheid vir jul finansies te probeer ontduik nie. Deur die persoon wat beter met geld werk te kies om jul finansies te hanteer, plaas julle julself in die beste moontlike posisie om jul doelwitte te bereik. Dis belangrik om te onthou dat daar ‘n verskil is tussen die beheer van geld en die bestuur van geld. Die HFB se taak is om die geld te bestuur en nie om dit te beheer deur hul lewensmaat van besluite uit te sluit nie. Dis noodsaaklik dat albei lewensmaats in gelyke mate betrokke en ingelig bly.
Alhoewel een lewensmaat ‘n meer raadgewende rol kan vervul, moet besluite gesamentlik geneem word.
- Begroot saam vir ‘n vakansie
Tussen die talle familielede, reisreëlings, kos, geskenke en vrolikheid kan uitgawes handuit ruk as jy nie deeglik op hoogte daarvan bly nie. Voordat dit gebeur, praat oor wat julle bereid is om te bestee. Laat genoeg beweegruimte toe en onthou dat die koop van geskenke en die uitgee van geld aan vermaak tydelike vreugde kan verskaf, maar dat finansiële versigtigheid die begin van ‘n voorspoedige toekoms saam op lang termyn kan beteken.
- Moenie bang wees om hulp te soek nie
In hoëdruk-situasies soos die pandemie verwaarloos mense dikwels hul geestesgesondheid. Dit kan tot ‘n toename in ongewenste gedrag as ‘n ontsnappingsmeganisme lei. Dink maar aan die verhouding wat baie mense met ‘kleinhandelterapie’ het. Indien dit nie beheer word nie, kan hierdie riskante gedrag in ‘n bose kringloop ontaard wat stres opbou. Ons voel dikwels dat ons die probleem moet wegsteek of dit alleen moet hanteer. Volgens ‘n kliniese sielkundige kan dit net sake vererger.
Die pandemie het veroorsaak dat baie mense voel dat eksterne faktore buite hul beheer is. Dit kan aanleiding gee tot negatiewe gedagtes, wat nuwe geestestoestande kan meebring of bestaande toestande soos swak impulsbeheer kan vererger. Dit kan ‘n impak op mense se gemoedstemmings, denke en gedrag hê. Suid-Afrikaners behoort te probeer om gereeld ‘n geestesgesondheidspraktisyn vir ondersteuning, behandeling en medikasie te raadpleeg wanneer nodig.
- Aanspreeklikheid
Indien albei indivdue verantwoordelikheid kan aanvaar en hul individuele karaktereienskappe wat moontlik tot die druk kan bydra, erken, kan dit makliker wees om ‘n gemeenskaplike doelwit en maniere om aan te pas en weer op te bou, te vind.
Voor enige beplande uitstappie moet julle eerlik wees met mekaar oor waaraan julle geld gaan bestee en waarom. Kom saam ooreen oor gedeelde doelwitte en ‘n begroting en hou gemeenskaplike mylpale in gedagte. As julle byvoorbeeld vir ‘n huis spaar, hou jul ‘oë op die prys’; kom ooreen om minder aan geskenke en vermaak te bestee ten einde meer vir die toekoms te spaar.
Buite en behalwe opvoeding moet gesinne en paartjies ook bereid wees om verantwoordelikheid te aanvaar vir die besluite wat hulle neem en hoe dit diegene rondom hulle kan raak. Deur proaktiewe stappe te doen om jouself te probeer verbeter, hetsy finansieel of andersins, help jy om ‘n veiligheidsnet vir jou geliefdes te voorsien.
*Volgens ‘n onlangse opname onder 1 200 Suid-Afrikaners as deel van Sanlam se veldtog “Letters to My Pre-Covid-19 Self” het 55% van die respondente erken dat hul verhoudings sedert die aanvang van die pandemie onder druk verkeer as gevolg van finansiële bekommernisse.
Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.





