Melani Janse van Rensburg het op 2 Julie haar 25ste werksherdenking by Suikerbosrand Makelaars gevier.
Melani het nie gedink haar eerste werk na skool sal na 25 jaar steeds vir haar soveel vervulling bring nie en na al die jare sê is sy steeds baie gelukkig en geniet elke aspek van haar werk.
Annetjie en Johann Strauss het aan Melani ‘n Apple slimhorlosie as dank vir haar lojale diens oorhandig.
Kliënte wat Suikerbosrand Makelaars vir amper 37 jaar ondersteun ken Melani as ‘n staatmaker.
“Melani is ‘n steunpilaar vir ons en vir kliënte in tye van vreugde en tye wanneer dit nie so goed gaan nie,” het Johann gesê en bygevoeg dat die belegging wat hulle in Melani oor die jare gemaak het, elke sent die moeite werd was.
Die herdenking was gevier met groot balonne en ‘n opgewondedheid vir wat die volgende 25 jaar gaan oplê.