Sanlam Reality (die Sanlam-groep se lojaliteitsprogram) het hul eie App bekendgestel en gaan ‘n groot verskil maak in die manier
waarop lede toegang tot hul Sanlam Reality-lidmaatskap verkry. Die bekendstelling van die mobiele app is deel van Sanlam Reality
se reis van digitale transformasie en stel intydse dienste aan lede en vennote soos Nu Metro en Uber beskikbaar.
Lede wat die app aflaai, sal die program se hoofvoordele, insluitende intydse funksies, byderhand hê. Hulle sal vinnige toegang tot
belangrike Sanlam Reality-voordele hê, en die vereenvoudigde prosesse en gladde integrasie maak dit selfs makliker om te gebruik.
Lede van Sanlam Reality bespaar op welstand, reis en vermaak, en word vir finansiële verantwoordelike gedrag beloon. Met een of
meer kwalifiserende Santam persoonlikeversekeringsprodukte word hulle verder vergoed vir die bestuur van hul korttermynrisiko.
Vlakpunte kan verdien word deur jaarlikse voertuiginspeksies, installering van ‘n opsporingstoestel, deur ‘n versigtige bestuurder te
wees, en deur talle ander bedrywighede wat help om hul baterisiko’s te bestuur.
Vir meer inligting oor Sanlam Reality, besoek www.sanlamreality.co.za