
Dit is algemeen bekend dat Suid-Afrika minder as een present van wêreldwye bruto binnelandse produk (BBP) uitmaak. Wynand Venter, Besigheidsontwikkelingsbestuurder, en Marc Krom, Streekbestuurder by Glacier International, verduidelik waarom beleggers wat slegs SA-blootstelling in hul portefeuljes het dus talle moontlike groeigeleenthede sal misloop.
Die belangrikheid van diversifikasie
Daar is verskeie maniere om ‘n portefeulje te diversifiseer, insluitend geografies (uit die oogpunt van regstreekse buitelandse belegging) asook deur verskillende sektore wat nie plaaslik beskikbaar is nie by die portefeulje in te sluit. Dit stel beleggers weer bloot aan verskillende batebestuurders met verskillende beleggingstyle, wat hul diversifikasie verder uitbrei.
Hoe om fondse in die buiteland te belê
Glacier International besef dat dit skrikwekkend kan wees om fondse in die buiteland te belê en ons het dus ‘n vennootskap met uitgesoekte diensverskaffers aangegaan om ons kliënte te help om hul fondse in die buiteland te kry. In die meeste gevalle kan ons diensverskaffers beter koerse aanbied as wat kliënte in hul persoonlike hoedanigheid sou verkry. Hierdie hulp is beskikbaar ongeag of die belegger hul enkele diskresionêre toelae van R1m of hul buitelandse toelae van R10m wil gebruik. Hierdie bedrae is per kalenderjaar aan SA-inwoners beskikbaar.
Die belangrikheid van buitelandse strukture
Glacier International het strukture in plek om dit vir kliënte moontlik te maak om hul portefeuljes te optimaliseer ten opsigte van risiko-aangepaste opbrengste en belastingdoeltreffendheid. Wanneer beleggers in hul persoonlike hoedanigheid regstreeks in die buiteland belê, stel hulle hulself bloot aan baie verskillende koste en belastings in die verskillende buitelandse jurisdiksies. Dit kan by die dood van die belegger probleme veroorsaak as die regte maatreëls nie deur behoorlike boedelbeplanning in plek geplaas is nie.
Liggingsbelasting (“situs tax”) kan byvoorbeeld in die VSA van toepassing wees. ‘n Belegger wat ‘n boedel in die VSA opgebou het, sal moontlik ‘n Amerikaanse eksekuteur moet aanstel om die boedel af te handel. Geblokkeerde bates sal deur ‘n buitelandse prokureur afgehandel moet word. Dis net ‘n paar van die risiko’s waarmee kliënte te make kan hê as hulle nie behoorlike beleggingstrukture in plek het nie.
Glacier International se Global Life Plan is ‘n doeltreffende manier om toegang tot internasionale markte te verkry. Omdat dit ‘n uitkeerpolisstruktuur is, bied dit ook boedelbeplanningsvoordele asook belastingdoeltreffendheid.
Beleggers in die Global Life Plan kan uit ‘n uiteenlopende reeks beleggingsopsies, insluitend effektetrustfondse, beursverhandelde fondse of selfs ‘n aandeleportefeulje as hul onderliggende beleggings kies.
Glacier International is ‘n afdeling van Sanlam Lewensversekering Bpk., ‘n Gelisensieerde Lewensversekeraar, Verskaffer van Finansiële Dienste en ‘n Geregistreerde Kredietverskaffer (NCRCP43).
Die Global Life Plan is ‘n buitelandse uitkeerpolis wat deur Sanlam Lewensversekering se Bermuda-tak uitgereik word.